tuisblad

KNIKKIE KLEUTERSKOOL

BABAKLAS INLIGTING

U kindertjies se fisiese en emosionele ontwikkeling is vir ons baie belangrik. Ons wil vir  hulle ‘n stimulerende en rustige huislike omgewing skep waar hulle optimaal kan ontwikkel.

Ons wil graag saam met u in u kinders se opvoeding en ontwikkeling deel en dit kan alleen geskied as die kommunikasie kanale tussen u en ons oop is. U ken u kind beter as ons, bespreek asseblief enige probleme of behoeftes van u kleinding met die onderwyseres. Ons hoop u en u kinders sal baie gelukkig by ons wees.

 

Daar word daagliks boekgehou van u kind se vordering, slaaptye en doekomruilings. Daar is ‘n lęer met die inligting in die klaskamer.  Kyk asseblief elke dag daarna sodat u op hoogte kan bly of vra die personeel wat aan diens is daaroor uit.

 

Oorhandig asseblief elke oggend u kind se bottels melk (klaar aangemaak) aan die personeel of sit self in die yskas of op die plek wat daarvoor ingerig is.

Kyk ook elke dag of die doeke, “wet wipes” en boudjiesalf in u baba se houer in die doekekamer voldoende is.

Baie belangrik is dat alles wat aan u kind behoort gemerk moet word.

 

U benodig die volgende :

·         6 weggooidoeke – vul asseblief elke dag aan

·         1 pakkie “wet wipes” per maand

·         1 potjie aquas room

·         3 borslappe met plasties aan agterkant

·         1 waslap

·         Fissan paste of  Vasseline

·         1 buisie Multipeuol vir krisisgevalle

·         Vidol tandepoeier of T-jel vir tandesny

·         2 stelletjies ekstra klere

·         4 bottels met baba se melk klaar aangemaak

·         1 leë bottel vir rooibostee of water

·         As fopspeen gebruik word, twee met veiligheidskettinkie aan borslap

·         2 toedraaikombersies (gemerk – dit bly by die skool)

 

Geen duvets en kussinkies word toegelaat nie. As u kindjie allergies vir iets is bespreek dit met die juffrou van die klas.

Vanaf 6 maande voorsien die skool al die kos behalwe die formule melk.

 

Elke baba slaap in sy eie bedjie – u kan vir u baba sy eie matrassie, laken, “mobile” en speelgoed bring wat in sy bedjie sal bly en wat u weer kan neem as hy na die volgende klassie gaan of die skool verlaat.

 

terug na bo